Rede vir Lewensversekering
Persoonlik
- Finansiële sekuriteit: Voorsien fondse wat gebruik kan word om te verseker dat die huidige lewenstandaarde van die begunstigdes van die polishouer gehandhaaf kan word.
- Skuldbeskerming: Voorsien fondse wat gebruik kan word om verbande en ander uitstaande skuld te help delg.
- Boedelbelasting: Voorsien fondse om boedeluitgawes te dek om die verkoop van bates en/of leen van geld om sodanige uitgawes te dek, te voorkom.
- Opvoedingsbefondsing: Voorsien fondse wat gebruik kan word om die opvoeding van kinders te befonds.
Die polishouer kan kies tussen die volgende premiepatrone:
- Ouderdomspremiepatroon met verpligte premiegroei volgens ouderdom. Hierdie is die goedkoopste, maar mees aggressiewe eskalasie
- Vasgestelde premiepatroon. Dit is ’n verpligte 5% premiegroei
- Gelykblywende premiepatroon. Geen verpligte premiegroei, slegs vrywillige dekkingsgroei.
Rede vir Traumadekking
- Uitgawes aangegaan as gevolg van kritieke siekte:
Voorsien fondse wat gebruik kan word om enige uitgawes wat as gevolg van ’n kritieke siekte aangegaan is, te dek.
- Finansiële sekuriteit: Voorsien fondse wat gebruik kan word om seker te maak dat die versekerde lewe se huidige lewenstandaarde gehandhaaf kan word indien ’n lewensveranderende toestand gediagnoseer word.
- Finansiële ondersteuning vir herstel: Voorsien fondse wat gebruik kan word om diegene wat lewensveranderende toestande oorleef, te help om die verbandhoudende herstel- of rehabilitasie-uitgawes te betaal.
- Vermindering van inkomste: Die versekerde lewe mag aangeraai word om sy werksverpligtinge af te skaal of van beroep te verander. Die voordeel voorsien fondse om die inkomste van die versekerde lewe aan te vul sou hy as gevolg van hierdie verandering inkomste verloor.
Rede vir Ongeskiktheidsdekking
Die Omvattende Ongeskiktheidsvoordeel betaal:
- die volle voordeelbedrag as ’n enkelbedrag indien die versekerde lewe totaal en permanent verhinder word om die pligte van sy eie beroep uit te voer as gevolg van ongeskiktheid veroorsaak deur ’n liggaamlike besering of ’n siekte (tot en met die polisverjaardag voor die versekerde lewe se 65ste verjaardag)
OF
- ’n persentasie van die voordeelbedrag as ’n enkelbedrag, indien die versekerde lewe voldoen aan die vereistes vir een van die gedefinieerde eisvoorvalle ten opsigte van die funksionele inkorting.
Die Omvattende Ongeskiktheidsvoordeel is ’n koste-effektiewe manier om voorsiening te maak vir funksionele inkortings en beroepsongeskiktheidsbehoeftes.
Beroepsongeskiktheid
- Verlies aan inkomste: Voorsien fondse wat gebruik kan word om die inkomste te vervang wat die versekerde lewe sou verloor het ingeval hy nie meer in staat sou wees om die take verbonde aan sy eie beroep te verrig nie.
- Finansiële sekuriteit: Voorsien fondse wat gebruik kan word om te verseker dat die huidige lewenstandaarde van die versekerde lewe gehandhaaf kan word.
- Skuldbeskerming: Voorsien fondse wat gebruik kan word om verbande en ander uitstaande skuld te help delg.
Funksionele inkortings
- Beperkte vermoëns as gevolg van die inkorting:
’n Besering of siekte kan die vermoëns van die versekerde lewe fisiek beperk, hoewel nie noodwendig sy vermoë om ’n inkomste te verdien nie.
- Befondsing vir gespesialiseerde toerusting: Voorsien fondse wat gebruik kan word om gespesialiseerde toerusting en bou behoeftes en enige ander veranderinge wat nodig is om die lewenstyl van die versekerde lewe aan te pas, te finansier.
Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.