Ek is ook een van die mense wat dink selfdoen is beter. Ook waar dit versekering aangaan. Maar ek moes besef dat die gesiglose versekering jou ook sonder ‘n stem los – en met frustrasies, want die soort maatskappye kan bloot agter hul ‘voorwaardes en bepalings’ wegkruip. Gevolglik gaan ek toe eerder na ‘n makelaar toe. En binne die bestek van drie ure het ek nuwe versekering – wat R300 goedkoper is as die selfdoen-soort; Ek het net terloops vir Tokkie Ferreira en Adele Vorster vertel dat ek maande gelede ‘n eis ingedien het wat my selfdoenversekering op ‘n tegniese punt afgewys het. Gisteraand betaal daardie eis ook toe sommer uit. Ek mag seker maar beïndruk wees?